Sinopsis
Radio Scriptura is 'n Gereformeerde potgooi. Sola Scriptura is 'n beginsel wat ons wil toepas op die vreugdes en uitdagings van elke dag. Op hierdie potgooi kyk ons met die "bril" van 2 Timotheus 3:16 na verskeie temas en onderwerpe, want die hele Skrif is deur God geasem!. Deur die Here se Woord rus Hy ons ook toe vir elke goeie werk! Radio Scriptura: die heel eerste Gereformeerde potgooi in Afrikaans!
Episodios
-
Wat sê die vers? 1 Samuel 16:14
23/01/2024 Duración: 32min"Maar die Gees van die Here het van Saul gewyk, en 'n bose gees, deur die Here gestuur, het hom verskrik." Hoe maak ons sin daarvan dat 'n bose gees van God af kom? Wat beteken dit dat die Gees van Saul gewyk het? Hoe verskil die werk van die Heilige Gees tussen die nuwe testament en die ou testament? Verlaat God ooit Sy uitverkore kinders? Kan ons God se soewereine wil ontduik? Verbondsverbreking kan daartoe lei dat God ons oorgee aan onsself, maar is God se liefde veranderlik?
-
Luisteraarsvraag: Ware kerk en valse kerk
16/01/2024 Duración: 44minHoe onderskei ons tussen die ware kerk en die valse kerk? Is daar 'n geldige onderskeid te tref? Waarom is daar 'n kwessie met die lering van sommige kerke en denominasies? Wat is die kenmerke van die ware kerk teenoor die false kerk? Is die suiwer verkondiging van die evangelie, die gereelde bediening van die twee sakramente en kerklike tug belangrik vir gelowiges? Wat is die verantwoordelikheid van elke christen?
-
'n Nuwe jaar vir Scriptura
09/01/2024 Duración: 43minWie en wat is Scriptura, en wat lê vir ons voor vir 2024? Waarom die informele aanlyn ontmoetings oor wat in die Bybel staan, en wat die gereformeerde leer inhou? Wat is die rol van Scriptura in die Afrikaanse gemeenskap en in die plaaslike kerk? Wat is die hooffokus van die bediening en watter antwoorde hou die Skrif vir ons voor in die tyd en omstandighede waarin ons leef? Het Scriptura antwoorde vir kerkloses of diegene wat soekend is? Die span het een groot hartsbegeerte: om 'n stem vir die evangelie te wees vir die Afrikaanse gemeenskap in Suid-Afrika en in die buiteland, en die roeping van suiwer woordverkondiging te vervul.
-
Die Tien Gebooie - Wet en Evangelie
12/12/2023 Duración: 36min"Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het." Watter groot genade! Die wet spreek reg en geregtigheid. Wat is die verhouding tussen wet en evangelie?
-
Die Tien Gebooie: Die Tiende Gebod
05/12/2023 Duración: 32minJy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie. Wat is die hart se gesindheid? Wat beteken die woord begeer? Waaroor gaan vleeslike begeertes, en hoe stry ons daarteen?
-
Perspektief: November 2022
28/11/2023 Duración: 33minScriptura werp Bybelse lig op die nuwe regulasies vir landbou-uitvoere vir blanke boere, die voorgestelde Bela wetsontwerp vir onderwys en skole, en Nederland se regse politieke party wat hul kultuur verdedig en stry teen massa immigrasie. Mag enige wet, taal of kultuur in die pad van die evangelie staan? Hoe kan ons die staat verantwoordelik hou vir goeie regering, ekonomiese bestuur, vryheid van geloof en ons goddelike mandaat vir die opvoeding van ons kinders?
-
Die Tien Gebooie: Die Negende Gebod
21/11/2023 Duración: 39minWat is waarheid? Wat word in die negende gebod gebied en verbied, en wat is die hart van die gebod? Hoe handhaaf ons die waarheid in die samelewing? Hoe praat ons van ons naaste, oor ons naaste en met ons naaste? Het ons nog 'n liefde vir die waarheid, en beskerm ons nog die reputasie van ons naaste?
-
Die Tien Gebooie: Die Agtste Gebod
14/11/2023 Duración: 34minWaar kry jy alles wat jy besit? Wat van jou gawes en talente? Wat beteken die agtste gebod vir ons wie God opreg wil dien? Watter vorms van steel bestaan daar? Hoe speel dit uit in die samelewing en in jou eie lewe? Hoe eerlik is ons met ons tyd, geld en aandag, sodat ons die middele tot ons beskikking ook nie misbruik nie? Wat ontvang ons terug vir ons vrygewigheid en ons offers aan God? Wat is die verband tussen materiële diefstal en om van harte te beroof?
-
Die Tien Gebooie: Die Sewende Gebod
07/11/2023 Duración: 39minWaarom is die huwelik heilig, en hoekom is egbreuk sonde? Hoekom moet ons God met ons liggame dien? Wat is die regte uitleef van ons seksualiteit? Hoe kan gelowiges hulself beskerm teen onkuisheid? Hoe moet ongetroudes hieroor handel en dink? Vlug weg van onsedelikheid, want jou liggaam is die tempel van God. Jy is duur gekoop.
-
Perspektief: Oktober 2023
30/10/2023 Duración: 39minIn Perspektief - Oktober 2023, gesels Scriptura oor die aanval van Moslem millitante groep, Hamas, op Gaza, asook die NG kerk se besluit oor selfde geslag verbintenisse op hul sinode vergadering van 2023.
-
Die Tien Gebooie: Die Sesde Gebod
24/10/2023 Duración: 21min"Jy mag nie moord pleeg nie", is die woorde van die sesde gebod. Wie gee lewe, en wie bepaal die waarde van die menslike lewe? Wanneer mag daar dood gemaak word volgens die Skrif? In watter kategorie val aborsie, selfverdediging? Tot watter mate moet ons lewe beskerm en die goeie van ons naaste soek? Is die dood die grootste ellende wat jou kan tref?
-
Die Tien Gebooie: Die Vyfde Gebod
17/10/2023 Duración: 39minWaarom is die vyfde gebod belangrik? Deur wie wil God jou regeer? Wat is die gevolge van ongehoorsaamheid aan gesagstrukture? Die gebod met 'n belofte het vir diegene wat dit gehoorsaam: "Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die Here jou God aan jou gee."
-
Perspektief: September 2023
10/10/2023 Duración: 34minScriptura bespreek drie onderwerpe in Perspektief van September 2023, naamlik: dieremishandeling en diereverering kry dieselfde status, Christenskap groei in Iran ongeag vervolging, en op Erfenisdag was daar 'n byeenkoms van die Sciëntologie-kerk (Christian Science) in Suid-Afrika by Castle Kyalami met die Ubuntu tema.
-
Die Tien Gebooie: Die Vierde Gebod
26/09/2023 Duración: 37minWat gee God in Eksodus 20 :9-10 vir ons? Tyd om te werk en tyd om te rus in Hom. Ons moet die sewende dag van die week - die sabbat van ons God - heilig hou. Ons is uitgelei uit slawerny, en hoef dus nie slawe van werk te wees nie. Ons voorspoed hang nie van werk, ondernemings of skool af nie. Dit is God wat ons onderhou, versorg en voed met Sy woord om die christelike lewe te leef in troue gehoorsaamheid.
-
Die Tien Gebooie - Die Derde Gebod
19/09/2023 Duración: 35minDie ydelike gebruik van die naam van God tas Sy wese direk aan. Misbruik van God se naam sluit in die betekenislose, onnadenkende gebruik van Sy naam, direkte laster teen God, asook ons stilswye wanneer Sy naam misbruik word. Slaan ons nog ag daarop as ons dit hoor, en stel ons dit reg of wys ons dit uit in die samelewing? Of is ons aandadig deur ons stilswye? Staan ongelowiges skuldig aan hierdie sonde, selfs al glo hulle nie in God nie? Leef sommige Christene asof God nie bestaan nie? Hoe lyk praktiese ateisme in gelowige sirkels, en hoe mag ons 'n eed aflê?
-
Die Tien Gebooie: Die Tweede Gebod
05/09/2023 Duración: 30minWat verbied God in die tweede gebod? Hoe wil God hê moet ons Hom aanbid en op watter manier? Kan ons dit met of deur enige ander mensgemaakte afbeelding of voorstelling doen? As ons 'n verkeerde beeld van God het, sal ons Hom gevolglik ook verkeerd aanbid. Hoe reflekteer ons hedendaagse geestelike musiek en "nuwerwetse" gebruike in ons kerke eintlik 'n valse beeld van God?
-
Perspektief: Augustus 2023
29/08/2023 Duración: 32minScriptura gesels oor twee onderwerpe in Perspektief van Augustus 2023: geslagsneutrale huweliksontwerp en 'n nuwe kategismus van menslike seksualitei. Het die christelike kerk nog bestaansreg in terme van die huweliksbevestiging? Wat is die sentrale werk van die kerk teenoor die staat? Is die hedendaagse kultuur besig om jou en jou kinders te katkiseer volgens hulle oortuigings van menslike seksualiteit, of is dit nog die woord van God? Hoe het God geslag en seksualiteit ontwerp?
-
Die Tien Gebooie: Die Eerste Gebod
22/08/2023 Duración: 29minDie hart van die mens neig tot afgodery, en plaas homself graag bo God. Maar nadat Hy ons red, leer Jesus vir ons die eerste gebod. "Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod." En in Eksodus 20 , " Jy mag geen ander gode voor My aangesig hê nie. Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en My gebooie onderhou.” Wat beteken die eerste van God se tien gebooie vir ons, en waarom moet ons elke dag poog om dit te gehoorsaam?
-
Luisteraarsvraag: Kunsmatige Intelligensie
15/08/2023 Duración: 34minMet watter wêreldbeskouing benader ons tegnologie en kunsmatige intelligensie? Kan ons God daarmee verheerlik of is dit net sleg? Scriptura bespreek 'n luisteraar se vraag en stelling oor AI tegnologie net inleidend om sin te maak van die punt waar ons tans daarmee trek. Daar is baie etiese vrae wat voortvloei vanaf tegnologiese ontwikkelings, en dit kan weer in die toekoms hierdie gesprek oopmaak met meer besonderhede.
-
Die Tien Gebooie: Die Evangelie van die Wet
08/08/2023 Duración: 31minWat word deur die wet belig? Plaas die wet 'n ondraaglike las op gelowiges? Waarin lê ons redding werklik? Wat moet die gelowige se verhouding tot die wet wees? In die derde aflewering van die tien gebooie reeks gesels Scriptura oor die evangelie wat ons red, omdat die wet nie kan nie.