Invia Gemeente

Welkomgebed saam met Pierre

Informações:

Sinopsis

Welkom, welkom, welkom. Ek verwelkom alles wat vandag besoek kom aflê omdat ek weet hulle is U gesante vir my genesing. Ek verwelkom alle gedagtes, gevoelens, gesigte en gebeure. My begeerte na beheer en mag– dié gee ek oor vandag; my drang na aanvaarding, status, goedkeuring en plesier – dit laat ek hier; my verlange na oorlewing en sekuriteit; die druk om enige gedagte, gevoel, gesig, gebeurtenis, – selfs my eie geskiedenis – te verander, ek bring dit alles voor U. Ek maak myself oop vir U liefde, U teenwoordigheid en U beweging in en om my. Amen