Invia Gemeente
Ek Het Gewonder: Waar’s die Geneesheer… want waar is die genesing? met Frieda van den Heever
- Autor: Vários
- Narrador: Vários
- Editor: Podcast
- Duración: 0:19:25
- Mas informaciones
Informações:
Sinopsis
Jeremia is 'n profeet wat baie vrae gevra het. Hy het God nie soos 'n kelner in 'n restaurant behandel nie, om 'n analogie van Eugene Peterson te gebruik. Peterson sê baie van ons bid soos wat ons gaan eet by 'n restaurant. Jou metgesel is jyself - jou behoeftes, buie, en bekommernisse. God is net die kelner wat jou bestelling kom neem, jou kosklagtes hanteer, soms 'n groter en ander kere 'n kleiner fooitjie kry. Wanneer jy gereeld by dieselfde restaurant gaan eet, onthou jy dalk later die kelner se naam, maar dis dit. Jy kan nie jou kos kry sonder hom nie, maar hy's ook nie 'n intieme deelnemer aan jou maaltyd nie. Jeremia het meestal mét God gepraat, nie net óór Hom nie.