Invia Gemeente

Ek het Hoop... dat ek weer vrede sal ervaar! met Frieda van den Heever

Informações:

Sinopsis

"Ek het besef dat ek nie hoop en vrede in dieselfde sin verwag het nie. Tot my skaamte, het dit vir my twee onversoenbare begrippe geword. Ek moes die volgende reeds diep gesetelde gedagtegang aan die kaak stel: Ek moet ophou hoop sodat ek die vrede kan bewaar. Ek sal nooit weer uitsien na iets of verwagtinge koester nie en dít sal dinge rustig hou. Ek moet niks meer vir die kinders sê oor enigiets wat gaan gebeur nie - nie play dates nie, nie partytjies nie, niks. Nie in vandag se tyd nie, hulle gaan net hulle hoop opkry en dan heel moontlik teleurgestel word. 'n Soort gelate aanvaarding wat nooit te wild of stormagtig sal kan raak nie. "